LANDBOUWEEKBLAD
Vir publikasie op 14 April 2022 (Sperdatum: 25 Maartr 2022)
André Eloff CFP®
Business and Legal Consultants (Pty) Ltd
Lid van FISA
andre@buslegal.co.za
Suid Afrikaners met bates in die Verenigde Koningkryk (United Kingdom (“UK”))
Toenemend is daar landgenote, wat in Suid Afrika woon (inwoners), wat bates (vaste eiendom, beleggings en aftree fondse) in die Verenigde Koningkryk (VK) besit. Vaste eiendom word soms verhuur en die huurinkomste vorm deel van só persoon se gereelde inkomste en dit moet verklaar word in SA as bruto inkomste, in daardie spesifieke belastingjaar, om daarop belas te word. Netso kan beleggings in die VK ‘n beleggingsinkomste voorsien wat rente en/of dividend kan wees, wat gewoonlik reeds in die VK belas word. Aangesien Suid Afrika ‘n Inwonerbasis belastingstelsel (“Residence based taxation”) het, word alle wêreldwye inkomste in Suid Afrika verklaar en belas. Tussen Suid Afrika en die VK is ‘n dubbelbelastingooreenkoms, wat in kort daarop neerkom dat, daardie huurinkomste en beleggings-inkomste wat reeds in die VK belas is teen die koers wat daar geld, ‘n belasting-krediet verskaf aan die Suid Afrikaner wat die krediet kan verhaal in SA en hoef nie weer daarop inkomstebelasting te betaal nie.
Wanneer so inwonende Suid Afrikaner sterf, moet die bates in die VK ook in SA beredder word, ingevolge die Inwonerbasis belastingstelsel (“Residence based taxation”). Die mense met sulke bates in die VK, word aangeraai om eerder ‘n testament in die VK te maak, sodat die bereddering daar plaas vind by wyse van die VK se “inheritance tax”- sisteem. Die VK se “inheritance tax”- sisteem, val ook onder die Inwonerbasis belastingstelsel (“Residence based taxation”), wat beteken dat daardie bates ook deel vorm van die oorledene se bestorwe boedel en behoort in SA beredder te word saam met die res van die bates. As die bates in die VK daar beredder word, hoef dit nie weer in SA beredder te word nie, agv die dubbelbelastingsisteem.
Die huidige koers vir “inheritance tax” is 40% onderhewig aan sekere limiete. Hierdie koers en die voorwaardes en limiete kan verander van tyd tot tyd. As die bates reeds in die VK beredder is, is dit onnodig om dit in SA te beredder, deels omdat die huidige koers van 40% hoër is as in SA waar Boedelbelasting, ingevolge die Wet op Boedelbelasting, 45 van 1955, 20% (twintig present) is.
Ten opsigte van aandele (“direct Exchange Traded Funds”) wat ‘n Suid Afrikaner besit van die effekte beurse van die VK en van die VSA (“New York Stock Exchange”) is daar ‘n ooreenkoms tussen SA en die VK en VSA om boedelbelasting daarop te betaal waar die oorsprong van die aandele is, maw in elkeen van daardie lande, onderskeidelik.
In SA word die boedelbelasbare bedrag bepaal nadat die oorledene se skuld en boedelkoste betaal is en daarna, op die netto waarde, ‘n verdere aftrekking van R 3.5 miljoen gedoen is, ingevolge Artikel 4A van die Boedelbelastingwet. Boedelbelasting in SA word bereken teen ‘n koers van 20% (twintig present) op die boedelbelasbare bedrag. Indien die boedelbelasbare bedrag hoër is as R 30 miljoen, verhoog die koers na 25% (vyf en twintig present).
In die VK is die huidige koers vir “inheritance tax”, 40% onderhewig daaraan dat die belasbare bedrag meer moet wees as £ 325 000-00 (drie honderd vyf en twintig duisend pond). Maw, daar is geen afsterwe-belasting (“inheritance tax”) betaalbaar as:
£ 325 000-00 erf nie (‘n tipe Art 4q vrystelling in die Suid Afrikaanse konteks);
£ 500 000-00, bedoelende dat mens tot £ 500 000-00 se bates kan vererf sonder om enige “inheritance tax” te betaal, solank die woning deel is van die £ 500 000-00, wat aan kinders of kleinkinders bemaak is.
In die VSA is die koers van “Estate taxes” ook 40% (veertig present), onderhewig daaraan dat die belasbare bedrag meer moet wees as $ 60 000-00 (sestig duisend dollar).
Aftreefondse in die VK, wat ‘n Suid Arfikaner begin het toe hy/sy in die VK gewerk het in die verlede, kan daar bly wanneer ‘n maandelikse pensioen uitbetaal word. Die reëls van die fonds bepaal hoeveel so lid maandeliks mag ontvang. Die kommutasie bedrag (Groot som of “Lump sum”) is kleiner as “een derde” in die VK. In SA is ons gewoond aan die kommutasiebedrag van “een derde” van die bruto bedrag, by pensioenfondse. Elke fonds in die VK se fondsreëls moet deeglik nagegaan word. Dis waarskynlik beter om nie die fonds na SA oor te betaal nie, om verskeie redes. By sekere fondse word geen jaarlikse verhoging betaal aan Suid Afrikaners nie, sê sekere bronne. Lede van enige fonds in die VK behoort deur die web te kan aanteken (in “log”) om die reëels van die betrokke fonds na te gaan ten aansien van grootsomme, inkomste, opvolgende begunstigdes, nominasievorms, en verhogings van maandelikse pensioene.
In SA vorm aftree-fondse nie deel van die bates, tydens die bereddering van ‘n boedel nie en die aftree-fondse van die VK behoort ook nie in SA as ‘n bate vir die doeleindes van bereddering beskou te word nie.
André Eloff CFP®
Business and Legal Consultants (Pty) Ltd
Lid van FISA