LANDBOUWEEKBLAD van 8 April 2021 ANDRÉ ELOFF (Boedelbeplanning-konsultant)
VOORSIENING VIR AFTREDE
Die vraag is: wanneer moet ‘n mens begin voorsiening maak vir aftrede. Die antwoord is: direk na skool of studies, as jy begin verdien. Niemand weet hoe lank jy gaan leef nie en niemand wil van ander (selfs jou kinders) afhanklik wees as mens oud is nie.
Hier volg ‘n paar wyse gedagtes:
Daar is ‘n paar redes waarom mense hulle nie steur aan aftrede-voorsiening nie:
Hoeveel moet weggesit word vir aftrede? Die belegging-eksperts sal moet assisteer hieroor.
Die volgende is nie finansiële advise nie, net ‘n gedagte uit die verlede toe mens nog by een werkgewer gebly het tot by aftrede: Daardie jare is 7.5% van die belasbare bedrag deur die werknemer bygedra tot ‘n pensioenfonds en 7.5% is deur die werkgewer bygedra. Maw, 15% is vir 40 jaar gespaar in ‘n pensioenfonds en dit was genoegsaam vir aftrede. En by sekere instansies kon mens pensioen terugkoop tot 16 jaar ouderdom, wat die prentjie nog beter laat lyk het. Die 7.5% van die individu is boonop jaarliks afgetrek van inkomstebelasting.
Om te spaar vir die oudag, verg dat mens alle mootlikhede in die beleggingsmileu moet ondersoek en ‘n paar goed moet deurtrap. Afgesien van die bedryf (boerdery of ander besigheid) waarin mens jou bevind om ‘n lewe te maak en waarin jy dalk baie goed doen (as die reën hou en die plae nie pla nie en die markpryse reg is en vraag hoog is, ens), moet mens wyer kyk na ander beleggingsmetodes vir die oudag. Hou op dink dat jy vir ewig gaan lewe en dat die verkwisting van geld kan aanhou (“…want daar is meer wat gemaak kan word” dink jy), en dat jy kan werk tot jy omval en meer-nog dat jy altyd beter gaan doen met jou bedryf as die finansiële instellings. Versprei eerder jou oortollige kontant, volgens jou risiko profiel (wat wissel tussen konservatief en agressief), ook in kort-, medium- en lang termyn beleggings en hou ‘n noodfonds en sorg dat sekere ooglopende skulde eerste afbetaal word, soos oa verbande op eiendom. Die beleggings in hierdie genoemde tydperke kan wissel tussen bankbeleggings van 12-maande, geldmarkfondse, effekte trusts, Johannesburg Effekte Beurs-belegginfs, staats effekte, en ander. Elke mens en huishouding se behoefte is anders en daarom behoort elkeen ‘n kundige finansiële adviseur te kry wat ‘n deskundige is, in beleggings. Afgesien van die genoemde tipes beleggings kan mens in eiendomme belê wat huurinkomste gee, maar soos elke belegging het dit ook ‘n risiko. Pensioenfondse, Voorsorgfondse en Uittree Annuiteite het ten doel om voorsiening maak vir aftrede. Daar is soveel sakemanne en boere wat te dankbaar is dat hulle op die oudag ‘n inkomste kry uit anniuteite of uit ‘n pensioenfonds, nadat die “kontantkoei” opgedroog het, die pyne en kwale mens ingehaal het en die betrokkenheid by die besigheid en boerdery daartoe lei dat jy nie by magte is om beter te doen as die finansiële instellings nie. Begin eerder vroeër as later met spaar, beleggings en aftree-fondse. Gebruik die inkomstebelasting voordele en aftrekkings by die verkryging van rente en dividend en ook wanneer mens bydra tot aftree fondse. ‘n Individu kan ‘n aftrekking van inkomstebelasting kry, van tot 27.5% per jaar op sy/haar belasbare inkomste as die individu bydraes maak op die versillende aftree fondse. Vanaf 1 Maart 2021, word voorsorgfondse en voorsorgbewaringsfondse hanteer soos pensioenfondse en pensioenbewaringsfondse. In die verlede kon ‘n individu geen aftrekking van inkomstebelasting kry vir bydrae tot ‘n voorsorgfonds nie en die opbrengs is uitbetaal in ‘n enkelbedrag. Daar is wel belasting betaalbaar op daardie grootsom. In die toekoms gaan slegs een derde van die grootsom uitbetaal word aan die lid en met die restant gaan ‘n inkomste gekoop word, net soos by pensioenfondse en uittree annuiteite. Die rede hiervoor is dat mense die grootsomme verkwis en nie self sorg het vir ‘n inkomste met daardie geld nie en dan by die staat kom hulp vra vir ‘n SASSA – betaling.
Van 1 Maart 2021 sal nuwe lede van voorsorgfondse se uitbetalings tydens aftrede of oorbetalings aan voorsorgbewaringsfondse geskied op dieslefde wyse as wat pensioenfondse uitbetalings doen. Maw by aftrede, word een derde gekommuteer en die restant sorg vir ‘n maandelikse inkomste. Betalings aan voorsorgbewaringsfondse se uitbetalings word eers op 55 jaar gedoen, maar elke lid mag een trekking voor 55 jaar doen en hy/sy mag alles trek. Daar is belasting implikasies.
Bestaande lede van voorsorgfondse wat 55 jaar oud is of ouer, het ‘n gevestigde reg om steeds die volle grootsom te kry uit die voorsorgfonds, wanneer hulle aftree. Op die grootsom is belasting betaalbaar volgens sekere skale.
Bestaande lede van voorsorgfondse wat jonger as 55 jaar is, het ook ‘n gevestigde reg op die gelde en die groei daarop, in die voorsorgfonds tot en met 28 Februarie 2021. Dit beteken dat hulle op daardie gelde en groei ook 100% as grootsom sal ontvang by aftrede. Op alle bydraes vanaf 1 Maart 2021, sal uitbetalings geskied soos by pensioenfondse naamlik een derde grootsom en twee derdes koop ‘n inkomste. Indien die bruto bedrag in die voorsorgfonds by aftrede, wat ‘n maandelikse inkomste moet koop, gelyk is of minder is as R 247 500-00, word die volle som uitbetaal en gaan daar nie die “een derde”- en “twee derdes”- verdelings wees nie.
Neem kennis dat, as mens byvoorbeeld by een versekeringsmaatskappy, tydens aftrede R 250 000-00 as bruto bedrag opgegaar het en by ‘n ander versekeringsmaatskappy R 240 000-00, word die R 240 000-00 ten volle uitbetaal en by die ander een, slegs een derde, met die res wat ‘n inkomste koop.