Kontrak vir saamwoners, is net soos trou

LANDBOUWEEKBLAD       2 September 2021                                             (in wees 6 Augustus 2021)

 

Andre Eloff CFP

Business and Legal consultants

Lid van FISA

andre@buslegal.co.za

 

Johan, sorg asb dat my besigheid se naam, Business and Legal Consultants, en die Lid van FISA  en my epos ook aan die einde van die artikel staan….dankie

 

Johan, hierdie is DEEL 1 van twee artikels.  Dit sal sin maak as hierdie op 2 September 2021 gepubliseer word. En DEEL 2 op 9 Sept 2021 want dit sluit by mekaar aan. Jacolette her al een keer 3x van my artikels vir 3x weke na mekaar gepubliseer omdat dit verband hou met mekaar.

 

 

 

Kontrak vir saamwoners, is net soos trou. (DEEL 1)

Die Wet op Burgerlike Verbintenisse, 17 van 2006 (“Civil Union Act”) het in werking getree op 30 November 2006 in SA. Hierdie wet gee saamwoners, maw man en vrou en ook persone van dieselfde geslag die geleentheid om ingevolge ‘n kontrak aan mekaar trou te sweer en aan mekaar “commitment” te gee, om soos getroudes saam te leef. Burgerlike verbintenisse het in Denemarke ontstaan in 1989 en het in verskeie lande pos gevat soos in Nieu-Zeeland, Duitsland, Frankryk, in sekere state van die VSA en dis wêreldwyd in meer as 30 lande in gebruik. Die definisie: “Civil Union” of Burgerlike Verbintenis beteken die vrywillige verbintenis van twee persone wat ouer is as 18 jaar, waar die voltrekking en registrasie, as “getroudes” of as “burgerlike vennote”, geskied volgens die prosedure soos voorgeskryf in die wet, wat uitsluit alle ander persone, terwyl die verbintenis bestaan. In SA kan mens dus “trou” ingevolge die volgende 3 wyses: Die Wet op Huwelike, 25 van 1961 of Die Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike, 120 van 1998 of Wet op Burgerlike Verbintenisse, 17 van 2006. Daar is vele scenarios en redes waarom persone eerder gebruik maak van die Wet op Burgerlike Verbintenisse, 17 van 2006. Indien mens trou volgens die Wet op Huwelike, 25 van 1961 (wat insluit ‘n huwelik buite gemeenskap van goedere – met ander woorde met ‘n Huweliksvoorwaardekontrak (HVK) met of sonder die aanwasbedeling, of alternatiewelik sonder ‘n HVK, wat beteken dat mens binne gemeenskap van goedere getroud is) of ingevolge Die Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike, 120 van 1998, waar die reëls en ook eienaarskap  uitgespel is by dood en egskeiding. Indien persone besluit om te “trou” of verbind te wees ingevolge die Wet op Burgerlike Verbintenisse, 17 van 2006, kan partye in die ooreenkoms, sonder om die wet of ander wette te oortree, hulle nukke en grille uitspel. Die woonhuis kan bv beskryf word asof dit ‘n bate is in ‘n “binne gemeenskap van goedere”- huwelik en die meubels asof elkeen sy eie meubels besit soos in ‘n HVK-huwelik sonder aanwas. Die algemene scenarios of redes waarom persone ingevolge die Wet op Burgerlike Verbintenisse, 17 van 2006, verbind raak is oa:

  • Waar man en vrou byvoorbeeld reeds meer as 20 jaar of langer bloot saamwoon, sal die vrou nie kan aanspraak maak op die man se pensioen nie, is skenings tussen hulle belasbaar en onderhewig aan skenkingsbelasting, het die vrou geen eis teen die man se boedel ingevolge die Wet op die Onderhoud van Langslewende Gade nie, die vrou kan ook nie intestaat erf nie en vele ander voordele wat sy verbeur net omdat daar geen erkende verbintenis tussen hulle bestaan nie. Netso kan die man nie van die vrou eis nie.
  • Jonges werk saam en trek later by mekaar in en leef soos man en vrou en aangesien hulle mekaar goed verstaan en deel in alles, trou hulle nie. Hulle het geen erg aan die wette van die land nie, tot eendag. Elkeen het die gedagte gekoester dat hulle enige tyd mekaar kan verlaat. Maar dinge begin gekomliseerd raak as hulle byvoorbeeld saam ‘n huis gekoop het en as daar kinders is. Hulle kan eerder trou of gebruik maak van die Wet op Burgerlike Verbintenisse, 17 van 2006.
  • Vele van die ouer gardes, wie se gades oorlede is, knoop deesdae verhoudings aan met ‘n persoon van die teenoorgestelde geslag en wil nie weer trou nie, maar trek saam in. Baie dames is nog nie op die golflengte van “gender equality” nie en laat steeds die lysels oor aan die man wat “mos alles sal reël”. Sy gee ‘n deel van haar pensioen – grootsom aan die saamblyerman om vir hulle ‘n aftreehuisie by die see te bou. Sy is nie mede-eienaar nie. Sy het geen skulderkenning deur die man laat teken vir haar bydrae nie. As sy eerste sterf, is die huisie die man sin en sy kinders erf. Haar kinders erf niks. Dit sou baie veiliger wees om eerder gebruik te maak van die Wet op Burgerlike Verbintenisse, 17 van 2006.
  • Persone van dieselfde geslag kan natuurlik van die Wet op Burgerlike Verbintenisse, 17 van 2006, gebruik maak, en dan voel dat die verbintenis baie meer eg is.

Sodanige burgerlike verbintenis of “huwelik” moet deur ‘n geregistreerde Huweliksbevestiger voltrek word. Beide partye moet hul identiteitsdokumente toon. Dié wat voorheen getroud was moet ‘n gesertifiseerde egskeidingsbevel voorsien en waar ‘n vorige eggenoot gesterf het, die sterftesertifikaat. Die seremonie word voltrek in ‘n kantoor of woning of gebou waarvan die deure oop is. Afgesien van die Huweliksbevestiger en die twee wat “trou”, moet daar minstens twee getuies wees. Die formulier wat die Huweliksbevestiger lees verwys na: “Neem julle mekaar as “wettige gade” of as “burgerlike vennoot”. Die Huweliksbevestiger verklaar dan: “Ek verklaar dat X en Y, hier teenwoordig regtens in ‘n huwelik of burgerlike vennootskap verbind is”. Beide die “getroudes” en getuies onderteken die voorgeskrewe vorm van die Huweliksbevestiger, wat ‘n registrasiesertifikaat aan hulle oorhandig as prima facie bewys van die verbintenis.

In SA word sodanige verbintenis gesien as ‘n huwelike en bykans alle wette wat getroudes bevoordeel, sal ook hier van toepassing wees.

DIE KONTRAK

Die ooreenkoms tussen die partye behoort deur ‘n kundige prokureur opgestel te word. By enige kontrak tussen partye moet sodanige ooreenkoms voldoen aan die vereistes van ‘n kontrak en sluit in: Wilsooreenstemming, handelingsbevoegdheid, beide moet mondig wees, die ooreenkoms moet geoorloof wees, wetlike formaliteite moet nagekom word, kontrak moet afdwingbaar wees en dit moet uitvoerbaar wees. Die inhoud van die ooreenkoms is van kardinale belang want dit behoort ‘n veelheid en verskeidenheid van scenarios oor vele onderwerpe te dek. Verder kan so kontrak opgeneem word in die protokol van ‘n notaris en die Huweliksbevestiger moet boek hou van elke “troue” en seremonie en moet ‘n registrasiesertifikaat aan getroudes oorhandig as prima facie bewys van die verbintenis. Die dokumentasie van die “troue” moet aan die betrokke staatsdiensamptenaar oorhandig word, wat die aangeleentheid in die bevolkingsregister moet aanteken. (980 woorde)

Vogende keer meer oor die inhoudelike van die kontrak.

 

Andre Eloff CFP

Business and Legal consultants

Lid van FISA

andre@buslegal.co.za

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X