My ervaring is dat die meeste jong mense hulle nie regtig steur daaraan as iemand praat oor finansiële-, beleggings- en aftreebeplanning nie. My indrukke is dat hulle vies raak as hulle vertel word van doodsdekking, ongeskiktheidsdekking en gevreesde siekte dekking. “Hulle gaan nie nou dood nie, waar kom jy vandaan?” of “Om oor dood te praat is negatief en mens spreek ook nie DOOD oor iemand uit nie”, is nog ’n uitlating. Dis asof hulle vir ewig gaan lewe en dat hulle in hierdie “ewigheid” van hulle, nooit ongeskik sal raak of ’n gevreesde siekte sal kry nie. Toe sterf een van hul goeie vriende aan ’n hartaanval, op 42 jaar.
Hy is jonk. Sy boedel is nie groot nie. Daar is geen of min voorsiening gemaak vir sy gade en twee jong spruite. Die vrou sit met die gemors. Die meeste vrouens in SA aanvaar dat die man voorsiening maak vir al die bogenoemde risikos. “Hy het vir haar die polisdokument gewys, maar hy het lankal ophou betaal”, kry mens gereeld. Dis die vrou se skuld ook dat daar nie genoeg is na die dood van haar man nie. Sy is bydraend nalatig. Sy kon ook insette gelewer het en seker gemaak het dat sy verstaan hoe versekeringsprodukte, beleggings, aftreefondse, die testament en die trust werk, en kon dit gereeld opgevolg het.
“Borgskappe” wat geteken is vir finansiering of lenings vir persoonlike gebruik en vir besighede, is soms ’n groot verassing wat na die dood soms die volle boedel verteer.
Daar is slegs 45×12= 540 betaaldae as mens werk vir ’n werkgewer van ouderdom 20 jaar tot 65. As jy gelukkig is om te lewe op 65 jaar, hou die salaris-inkomste op en moet mens voorts inkomste kry uit aftree voordele en beleggings, as jy daarvan het. Daar is ’n klassieke boek, THE RICHEST MAN IN BABILON” deur George S Claston (1926) wat ’n formule gee oor hoe om te spaar van jongs af. Die boek is steeds beskibaar.
Jong mense wat vir hulself werk, maak soms ‘n goeie inkomste maar die risiko is groot om nie goed te doen nie en soms om insolvent te raak. Indien daar bygedra is tot ’n uittree annuiteit, vorm dit gelukkig nie deel van die bates waarop beslag gelê word nie. Baie sakemanne en boere redeneer dat hulle baie meer geld maak met hul besigheid en boerdery. Boere meen dat die groei persentasie baie beter is op hulle manier van produseer, aanwas van vee en sake doen. Die voorspoed kan baie gou verander as die droogte intree of as varkgriep ’n epidemie raak of as voëlgriep die hoenderboerdery kelder of derglike pes wat kan voorkom. ‘n Bydrae tot ’n aftreefonds en ander belegging, bied tog ’n mate van verligting. Niemand kan die risikos ignoreer nie.
Indien dit goed gaan, moet mens dankbaar wees en nooit arogant raak daaroor nie. Alles kan in ’n oogwink verander, soos om gesondheidsprobleme op te doen. Hoor nou die dag van só arogante een wat uit die hoogte op ons neerdaal: “mense bepaal hul eie destiny”. Wel, “ja en nee”. Ek hoop haar voorspoed, geluk en die genade hou en dat daar relevante dekking is.
Wanneer jong mense hul eie besigheid wil begin, behoort die korrekte strukture van die begin af, in plek te wees. Hier volg ’n paar wenke:
André Eloff (Lid van FISA) en A J du Plooy (B Juris, ATC)
Boedelbeplanners: Business & Legal Consultants