Cilliers & Reynders | Attorneys in Centurion, Thabazimbi and Johannesburg

ONDEURDAGTE BESLUITE LEI TOT BEREDDERINGSPROBLEME, BY AFSTERWE

Vir meer as 30 jaar doen ek en my kollega boedelbeplannings vir sakemanne, boere, direkteure van maatskappye, persone van die mediese beroepe, rekenmeesters en ouditeure, makelaars en nie-sakemense. Ons doen holistiese beplannings, aftreebeplannings, beleggingsbeplannings en sakebeplannings. Tydens die ontledings word testamente en trusts geoudit en gewysig, waar nodig en sake- en ander risikos word geidentifiseer […]

SORG DAT JOU SAKE IN PLEK IS

‘n Boedel ‘n Mens se boedel sluit in alles wat jy besit, maw wat op jou naam is. Vaste eiendom of onroerende goed soos huise en plase en roerende goed soos oa  meubels, juwele, vuurwapens, kontant, beleggings, lewende hawe, aandele in maatskappye, moet vererf as jy sterf. Jou goed vererf na iemand anders of na […]

Trustees van trusts (Inter vivos en mortis causa) verg al hoe meer betrokkenheid.

Die dae dat trustees van trusts die administrasie en besluite van ’n trust waarin hul betrokke is, oorlaat aan een persoon, gewoonlik die oprigter (inisieerder) van die trust, wat gewoonlik ook ’n trustee is, is verby. Sulke trusts waar mede-trustees net instem of selfs nie eers bewus is van besluite in die trust nie, gaan […]

Jong mense behoort vooruit te beplan

My ervaring is dat die meeste jong mense hulle nie regtig steur daaraan as iemand praat oor finansiële-, beleggings- en aftreebeplanning nie. My indrukke is dat hulle vies raak as hulle vertel word van doodsdekking, ongeskiktheidsdekking en gevreesde siekte dekking. “Hulle gaan nie nou dood nie, waar kom jy vandaan?” of  “Om oor dood te […]

Belangrike wenke vir die wat agterbly, wanneer ’n geliefde sterf.

Wanneer ’n mens te sterwe kom, moes daar reeds vir baie dinge voorsiening gemaak gewees het, sodat dié wat agterbly, nie tussen die pyn, verlange en hartseer, kort na die dood, verder verstrengel en verwurg word met administrasie, organisasie van begrafnisrelings of afskeidsdiens-relings, kontant tekort, soeke na die testament, verkryging van familie informasie, orgaanskekings, kadawer-karwyding, […]

ETIESE GEDRAG WORD GEVERG IN DIE FINANSIËLE- EN FIDUSIÊRE WÊRELD

Daar is ‘n verskil tussen morele waardes en etiese beginsels. Morele waardes rig ‘n mens se gedrag en etiese beginsels verskaf die manier waarop mens behoort te handel in die werkplek, tuis en op straat. Etiese gedrag word geverg van die kliënt, die finansiële adviseur, die kliënt se ouditeur, boekhouer en prokureur, die versekeringsmaatskappye se […]

Will-stipulated purchase option: Are there transfer duty impacts?

Any person drawing up a last will and testament, and who intends to include an option to purchase any of their properties, should be aware of the transfer duty implications such provision might bring forth. This article intends on discussing the beforementioned implications at the hands of the case of Secretary for Inland Revenue v Estate […]

Swak opgestelde testament doen baie skade

Swak opgestelde Testament en die gevolge daarvan… ‘n Vriend storm in met ‘n navraag van sy kliënt, ene Mev X (X). Haar (X) saamblymaat (Y), van vele jare, is reeds ‘n paar maande gelede oorlede en alhoewel sy die vruggebruik (VG) van al die kontant in die boedel (sowat R 4 miljoen) van Y geerf […]

Deregistrasie Van Beslote Korporasies

Hoe Veilig Is Jou Eiendom In Jou Beslote Korporasie? Gedurende 1985 tot 2008 was Beslote Korporasies (Closed Corporations) baie gewild vir veral die bedryf van klein sakeondernemings en vir die huisvesting van onroerende eiendom. ‘n Beslote Korporasie of “BK” soos dit alom bekend staan, was aanvanklik ‘n eenvoudiger en goedkoper entiteit om te bedryf. Dit […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X